Ek stem volkome saam met die kern van prof. Koos Malan se betoog van laas Sondag in Rapport: die Weste ly vandag onder ’n dubbele nihilisme – die een van ekstreme “nasionalisme” en die ander van globalistiese “liberalisme”. Albei is verdraaiings van die Westerse konstitusionele beskawing, en albei dreig om dit te vernietig.
Tog moet ons versigtig wees met ons terminologie en die diskoersinstrumente.
Die werklikheid is dat klassieke liberalisme én ’n goedaardige nasionalisme albei onontbeerlik is om die Weste te red. Ons kan dit nie doen met net die een of net die ander nie.
…